Sonkrag aangedrewe Kar

Nog ‘n 1ste vir !Kheis Munisipaliteit

GROBLERSHOOP: Op Vrydag, 19 Junie 2015 het !Kheis Munisipaliteit in samewerking met die Universiteit van Johannesburg ‘n sonkrag aangedrewe kar aan sy inwoners ten toon gestel.

Inwoners van !Kheis Munisipaliteit het in massas saamgedrom om vir die eerste keer ‘n eie blik op hierdie sonkrag kar te kry.  !Kheis Munisipaliteit het weer ons eie program, dit is, die installering van sonkrag by huise in ons informele nedersetting (Duineveld) aan UJ gewys.   Daarna het beide Mev Scheepers Munisipale Bestuurder asook ‘n wetenskaplike van UJ elk ‘n lesing oor hernubare energie gelewer .  Mense het so gereageer op hul ervaring: “Ons besef nou eers dat die huidige administrasie en Raad ernstig is met die ontwikkeling van ons mense in !Kheis Munisipaliteit”.

solar car 4- 19 junie 2015Op die foto vlnr: Departement van Energie, Burgemeester Paul Vries en Mev HT Scheepers (Munisipale Bestuurder) by die sonkrag aangedrewe kar solar car 2- 19 junie 2015Hier besigtig gemeenskapslede die sonkrag kar van naderby